Track 01: Satelliet

Album: Satelliet EP

Next 02: My Geheim Aan Jou

Lyrics

asem in, asem uit
asem in, asem uit
die son sak gister
verskyn weer vandag
die lemoen afgeskil
en oopgesny en opgeëet
net om weer uit die
lug te drup, goudgeel en heel

ons is soms verbete
en met mening aan die poog
om alles om ons te vervorm
tot iets volmaak
’n flamink uit ’n vink
terwyl dit lankal is
’n vonk ’n vuur
’n veer ’n voël
die heelal is enorm en
’n satelliet hou wag oor ons
sien alles met ’n silwer oog
lei my deur die labirint
armlengte weg
na die laaste woorde van
jou droom, met koffie in die
hand, en skepe in die baai
trek oop die laai, glip kouse aan
skoene en klere
’n satelliet hou wag oor ons
ons moet buite gaan staan
om terug te waai