Track 05: Een Oog

Album: Satelliet EP

Prev 04: Ice Pyramid
Next 06: The Valley of Dancing Stones

Lyrics

ontwortel en ter see
in die leef van wel en weë
wier en bamboes
sitrusboord vol pampelmoes
die jaag van stert en snert
vereensaam in die stroom
en verstrengel in die droom

met een oog op die horison
die ander pal op self gebal
met een oog op die horison
die ander pal op self gebal

die vlot gevleg met vingers riet
’n soen geblaas, soos ’n ster verskiet
ek word wakker met jou hier
teenaan my wang soos ’n dier
en ek ook, ewe bang, ewe verwonderd
rol ons uit ons grot
stryk oor ons pelse

met een oog op die horison
die ander pal op self gebal

met een oog op die horison
die ander pal op self gebal (herhaal)