Track 09: Ons Maak Onsself Dood

Album: SAVES

Prev 08: Want To Die On A Tuesday Afternoon
Next 10: She

Lyrics

kyk hoe kom die nuus nou, stuksgewys, swysende vonke, blou-blou lig, dak van ’n gestig wat vuis oplig, opgedroogde sonlig, schoongezicht se uitsig, sonsondergang, gaan maar jou gaan in jou wentelbaan, ons weet mos jy woon waar die sekelbosse staan, in ’n papwiel karavaan sonder ’n naam, so stort maar jou trane, slag al jou hane, suig leeg jou are, pluk uit jou hare en slaak ’n sug van…

verligting, verkragting, versagting, (van vonnis), verslawing (aan slawe), versoening, (vir soene), verstikking, (in stikland), verminking, versugting – versigtig! – vir verdrinking, vir dronkheid, die donker, vir deernis, … en derms uitryg, ’n gehyg in die bosse van die brandmaer osse, wat een vir een geslag word – tjoptjop aftjop – dis reeds in die hormone, ons lieste is steriel en ons kinders is seniel, daar’s niks aan te maak, dis ’n uitgemaakte saak.

hier kom die vloed nou, kant aan wal, die stede en die dorpe die damme het geval, met die misdaad in oordaad, die staat in ’n daze, muise deur ’n maze en die gedruis van AIDS, never mind die bloed en die bomontploffingsgloed, dis die wêreld se gestamp wat ons koppe vasklamp, militêre kolomme, lang-afstand bomme, pre-emptive war, stukkende peaces en die pieces don’t match, catch nog ’n virus – hier kom die Ebola - bloed by jou ore uit, spuit by jou mond uit, gryp by jou binne in, lewer en niere, fyngemaalde kliere, die ure op jou uurglas?

een-een die ark in, vasgebind aan geld, wie kan dit bekostig? wie gaan dit ontgeld? waar bly die hoop? (weg op die ashoop?) loop jy op die rand van die afskil afgrond? besoedel jy die lug of is die osoongat ’n klug? hoekom vrek die paddas in die vleie en die visse in die damme en die diere in die lande en die babas sonder tande? dis die PCBs in plastic die DES in PVC, die estrogeen-vlakke wat wild fluktueer, die endokriene stelsel geindoktrineer, en die DDT, die DDT, die DDT, wat die breine laat krimp, ADO laat styg en sperm counts laat drop. want die placenta is ’n sif en die dood kom deur, die placenta is ’n sif en die dood kom deur en die deur klap toe, die deur klap toe.
wie’s die gevaarman, die laksman, die skelm? die man met die skurwebaard? die dames met die skêre? die skuinslê-kinders met die buttons en die gom? of die dom dom donners wat die gunfire like? die nurse by die clinic? die dagblad cynic? die streetcorner stoic? wie bring die goeie nuus, wie vonnis dood? wie bring die bruinbrood, wie kou die lood? dis die trane teen die mure, die toustaan ure, die afgeveede hande, die skitterskoon harte en die voëls in die lukwarte in die diep Desember-dae, die klaargelaaide shotgun in die staalblou staalkluis, ’n voosgenaaide visie van jou eenman-missie, jou persoonlike verkiesing tot eerste minister van jou eie kabinet in jou eie republiek.

moenie dat hierdie tipe dinge jou onderkry nie. byt vas, dit is het einde niet, opstaan elke dag, en doen die dinge: bid, bak brood, bestuif en besoedel en sort uit jou boedel, want die bedelaars, die boemelaars, die boewe en die bendes, is in jou, vir jou, om jou. ja, sing, staan saam, juig en jubel en jaag julle karre, want die dokters, die dominees, die dik ou tannies, die dames met die skene en die skisofrene, die manne in die treine of die aeroplane, is in jou, vir jou, om jou.

Notas: ADO is veronderstel om ADD te wees, soos in Attention Deficit Disorder. PCB - Polychlorinated biphenyls. DES - PVC – Polyvinyl Chloride. DDT - Dichloro-Diphenyl-Trichloroethane. Lees hierdie boek as jy dit kan opspoor: ‘Our Stolen Future’ deur Colborn, Domanoski & Myers (Abacus, 1997).

En watter song rhyme nog die woorde “clinic”, “newspaper cynic”, “streetcorner stoic” - it all sounds naggingly familiar…?