Track 01: Die somber wou

Album: Verkeerdevlei

Next 02: Burn talking bush

Lyrics

die somber wou swiep oor die buurte van die stad Kigali lê oor heuwels Kigali lê onder rook motorfietse en oggendmis wat raas en toet en soen die somber wou sweef ver weg van die ander woue wat oor die sokkerstadion sirkel wagtend op ’n wedstryd maar vandag is daar net weerlig en vanaand speel Sean Paul die somber wou wyk weste toe oor die landskap groen van reën piesangplantasies kassava mielies millet plantaines koffie en tee dit alles kom hier uit die grond dit alles bring mense na die mond en slaap dan met ore in die aarde na die wortels se gesuis gedraai die somber wou kyk af na Kibuye se sirkelpad van

die busstop tot die kerk waar 10 000 mense verkap vermoor en van menswees moes kom leer en net enkeles se gebeendere wit in die vertoonkas sou kom rus die somber wou weet reeds van hoe stil die klipvloer nou blink onder houtbanke slaap en dat daar voor die altaar vars blomme in vase staan waar ou vrouens kort-kort hul gebede kom laat gaan die somber wou voel wind oor die blou waters aan die meer en Kivu-eiland wink in die Kongo ken hulle van vermink bierbote verlaat die hawe hoog gelaai en rooi van krat vissermanne roep en sing roep en sing vrolik oor hul vangs daar is vreugde in hul longe vir nou is daar

vrede hier en hulle lewe hulle lewe hulle lewe die somber wou het al lankal ophou huil oor sy maat sy is lankal reeds deel van die stof in ’n Kigali agterstraat die somber wou huil nie die somber wou lag nie die somber wou huil nie die somber wou lag nie die somber wou bly somber die somber wou bly somber en die nagkombers ontmoet hom en hy daal af om te kom slaap die somber wou huil nie die somber wou lag nie die somber wou bly somber die somber wou bly somber en die nagkombers ontmoet hom en hy daal af om te kom slaap