Track 04: Geluk

Album: Verkeerdevlei

Prev 03: Flight to Joburg
Next 05: Take me to the mall

Lyrics

hier in die onvanpaste wêreld van verrookte stukke veld blom die ongewone liefdes as skaaphompe per kim soms dwaal my gedagtes slaap ek agter stuur strompel boekaspaai en bladloos oor die kaart elke nuwe brug bly rif roep oor rivier waterbloed in karpkieu suurstofbobbelbed maar snags in vreemde dorpe neonstasies petrolpense baddens stoom soos woorde om somer bid die reënval rol

die spoelklip van my gedagtes vonke in die lospad los tong my neus jou môreoor rol die teesakkie lek-lek om elke eendag reëndag hou die hoop gepoets mensbloed per kruiwavrag geluk geluk geluk geluk geluk geluk ek het houe in die hart gekou geruik geruk uit die laaie wat kon menshande hier katkoppe daar knoppe knope kittels katels draai die lugballone dwarswind af vuur en vuur en vuur en vuur met wolke die blou lug witgewas die gras om die paaie groen van reën bos bos boskasie skaam die bosloerie bloed haar duim teen die wind

knipmes toevou toenou mevrou lankal droog die kaart wat ruim ruimte maak vir vlamme en veeg al om die hoeke van die voorstede langs wat sien jy daar bo jy? dra jy helm jy? is jy die hel in? kom kom die nuwe hemel kom? raak die hande later arms die harte later liefde die ribbes vleg ’n koukas kloaak kloaak kloaak paddas in die vleie wolkosyne winterdames lente tente mense spense somer dromer tot verderf in herfs die herfs liefs die herfs die paaie vleg ineengekoek

dorpe oek berge oek dorpe oek berge oek rivier soek en kerf en val

en vloei die see die sluk die son die maan die vin die vis die vlerk die voël die pronk die pou die somber wou die pronk die pou die somber wou en ek wens jy was saam met my in die kar sodat jy kon sien wat ek kon sien en ek wens jy was saam met my in die kar sodat jy kon sien wat ek kon sien