Track 07: When I’m Gone / Wanneer Ek Weg Is

Album: Last Days of Beautiful

Prev 06: All The Loves / Last Days Of Beautiful
Next 08: Koedoes In Die Heelal

Lyrics

in the corner of my eye
you turn the page of a book
and your eyes follow the words
and soak them up into the corners of your mouth
where the mysterious little waves
lap and swirl
with old thoughtsticks in an eddy
where the foamy memories of long gone
great-great grandparents and their pets – the
cats and dogs and budgies and parrots – still
lick their paws to a silken sheen on a sunny sill
above the sink in the kitchen with the curtains,
you know those curtains I mean, the plastic lacey ones,
and still look at you with take-me-for-a-walk-eyes
let-me-bark-at-the-squirrel-eyes
I-rolled-in-hadeda-poo-and-still-expect-of-you-to-love-me-eyes
feed-me-a-piece-of-biltong-eyes
let-me-be-a-dog-and-lick-you-eyes,
still jump and hang onto the side of a cage
and look into a room, a house, a family’s
possessions and forgotten ghosts,
still repeat words which only sailors use
words a dead aunt used to say
from a discontinued advertisement selling a funeral plan
the ring of a telephone from the late 90s
the doorbell now disconnected to
discourage door-to-door beggars

and you turn the page and touch your hair
and with it the long line of women before you
centuries ago, a couple of thousand years ago
into places we have lost all contact with
places where we would now be strangers
places before surnames and before homes
before villages and streets
even before agriculture
all of those women
who were once birds
and snowflakes
the scented dust in the inner twirl
of the organic watch spring
of a bog fern
up by The-Ridge-Where-The-Goat-Jump-Off
all of those women
who have threaded the yarn through their
soil-hardened fingers as it streamed off the wheel
onto the spool like a warm, milky white gold
as direct link to the land where the sheep graze
and the history that brought them here
the boats, the creaking boats, the shipwrecks
the shipwrecked nation-builders, the founding fathers
and their forlorn mothers
and the offshore, underwater eruptions
which wash up at daybreak
on Runaway Beach
as a grey carpet of pumice
but in actual fact as messengers from
the underworld, the hot world
the lava from the hairline cracks
in the Mid-Atlantic Ridge
which come to say
shhhh
be quiet
shhhh



terwyl ek weg is, weet dat die kos anders smaak
dat die geselskap, indien nie heeltemal kleurloos
ontneem is van die vuurballe wat uit jou leeubekkiemond
kan stroom, dat die son bloot ondergaan, en dat
dit ophou om mooi te wees, dat die dae verbygaan
soos wit blokkies op ’n kalender in stede van
leë blikkies op hoekpale flenters geskiet met ’n geweer
dat slaap bloot rus is, in plaas van ineengestrengelde droomtyd
ondergedompel in ’n tipe vleeslike grootdoop
van mensbloed, en tweewees, en tyd

terwyl ek weg is, neem my saam, dra my rond
in jou broeksak, rugsak, en kar-cubbyhole
kougom in mondhoek, Zam-Buc op lippe
en die vinger onder die lyn wat jy lees
word gevolg deur my oog ook, net
’n paar woorde traer en daardie onverwagte
nies, is ek wat nies van die fyn stof
op die blaaie wat jy omblaai
en jou hortende, brandende longe wanneer
jy teen ’n opdraand uitdraf en dan met hande
om die heupe bo staan en asemskep en uitkyk
oor die groen, nat landskap waardeur winde swiep
en die kaart van die plekke waar ons nog moet
saamstap en drink en dans voor jou uitgesprei lê
en stryk dan die kreukels daarvan plat
en laat die son opkom in jou glimlag,
want ek is hier, wanneer ek weg is,
is ek hier

wanneer ek terug is, kan ons soos dolfyne in die lakens baljaar
die laaste lig saamskaar, meng met ’n vag wolk
’n vlak brander, ’n sandbank, wier en bamboes
en uitspoel op die strand met ons koppe in die son
en ons voete in die donker, die een punt nat, die ander pant droog
ons longe gevuur met suurstof maar ons skubbe blink met die boodskappe
van die diepsee, gepoleer deur borrels
en die eenvormige beweging, geswiep van sterte en die gebiep en gepiep en getwiet
van die res van die skool wat soms holderstebolder maal rondom
’n bal sardyne, soms vaartbelyn voortdruk na ’n plek honderd kilometer
hiervandaan, soms, sommer in die nag, sonder rede uit die see spring,
en glimlag vir die sterre, en dan weer terugplas in ’n roerlose
bad waarin die fosfor gloei

wanneer ek terug is, en die skuit omgedop bo die hoogwaterlyn lê,
die spane veilig in die boothuis gepak, die reddingsbaadjie aan
sy haak in die motorhuis hang, die hond gestreel is aan die wange
en snoetmerke op my gesig blink,
of die wieletjietas uitgepak is, en die doeanevry sjokolade uitgedeel,
en die whiskie oopgemaak staan en sooie teug
op die houttafel met die ou mesmerke
kan ons dan op die stoep sit en oor die asemhalende agterplaas uitkyk
na waar die son die papawersade teen ’n lae hoek tref
’n bottergat in ’n sproeierpoeletjie bad op die gras
waar die hond nou rondrol, en ’n molshoop skielik roer
en die buurt om ons brand met die gemeenskap van mense,
braaivleisvure en kinderstemme,
en dan, daar, kan jy my hand vat en my gesig na joune draai
en my soen?