Track 03: Psalms & Gesange

Album: SAVES

Prev 02: All You Need In Life Is A Soul
Next 04: when The Light Goes

Lyrics

prys die here god vir lugpos, jubel sy naam vir padkos,
manna in die honger, ’n lig in die chaos,
nes mohamed & buddha & mao
mandela & ra & rudi koertzen
selfs broeklosmaak en water afslaan,
al hierdie dinge dra hul stempel
hul groot rooi krone en vyf blou kolle met vyf goue sterre

prys die here god vir blowjobs, jubel sy naam vir email
ons is wilde diere, die plesier is in die detail
sms my dame, my cellphone wat oopflip
sien jou dus later, ontmoet vir ’n cocktail
swaai julle sterte, sing julle liedjies
in die knus vinkneste wat wieg in die biesies
die soundtrack herhaal homself

prys die here god vir geboorteskenk, jubel sy naam vir ’n wenresepwenk
want ons like koekies en die kinders is te dierbaar
ja, stof die vaalseuns af, die dames wys been
die stadsaal se ligte aan, die dorp byeen
die skare beweeg saam en almal eet koek
al die voedvrouens sit julle vingers in die lug!
skud julle lywe en lek julle manne se baarde skoon!

prys die here god vir ’n begrafnisstoet, jubel sy naam vir die verdunning van bloed
want ons is lief vir mekaar en ons skaar bymekaar
selfs wanneer die lope in ons gesigte bly staar
en die agtermekaarkarre wat vorm in ’n laer
die land breek oop en die skulp dop om
die son verdwyn en ons braai oor ’n drom
uit die huis speel die tunes van ’n CD-ROM
en ons dink aan ons vriende in die strate van London Toronto Seoul Sydney

prys die here god vir gemeenskapsdiens, padblokkades, kots in potplante, plak in nasionale parke, klipgooi, skaapsteel, drankmisbruik, donkiekarre in main road,
prys die here god vir eenvoud, jubel sy naam vir ’n misverstand
prys die here god vir megan mckenzie, jubel sy naam vir hardekoolhout
prys die here god vir disprins, jubel sy naam vir blitz
prys die here god vir soekers wat vind, jubel sy naam vir die drome van ’n kind
prys die here god vir die suidewind, jubel sy naam vir aftog blaas
prys die here god vir ’n bankbalans, jubel sy naam vir die riel
prys die here god vir blowjobs, jubel sy naam vir email
prys die here god vir lugpos, jubel sy naam vir padkos
prys die here god vir blowjobs, jubel sy naam vir email