Track 05: Lewenslied

Album: SAVES

Prev 04: when The Light Goes
Next 06: Die Woord

Lyrics

en sy sing haar suiwer lewenslied
sodat die valk se oog wat land bespied
die vuurtoring se vlug kan volg
deur droë vlaktes onder sterremied

uit die styfgedraaide aarde
se koue oseaan
kom stukkende silwer visse
waarvan sy bittermin verstaan

en by kuile waar net kinders fluit
en later saam met gras versuip
is sy ’n vindingryke voël
wat vlinders kom verdrink

die dag bedek die berg se groet
die branders breek die nag se moed
en haar stilte is ’n swawelblok
wat oplos in sy driekwarthart

want van vuurslaan verstaan hy bittermin
sy katrol is leeg en sy drade voos
van te veel probeer binnehou
kom vloek op vloek jou huis besoek

en sy sing haar suiwer lewenslied
’n laaste goue meteoriet
wat skouers skuur en trane werp
in ’n harde eeu wat harder skreeu

want haar boodskap in die bottel
is troebel en sout
nes sy geskrywe
met vingers van hout

die spreeus die swerm swart
om die kante van die stad
dat mense nog hier
wakker kan word

maar sy sing haar suiwer lewenslied
soos die ewige geneul
van skoot na skoot
die lug inskiet

sy sing haar suiwer lewenslied
’n laaste goue meteoriet
wat skouers skuur en trane werp
in ’n harde eeu wat harder skreeu