Track 06: Die Woord
Album: SAVES
Prev 05: LewensliedNext 07: Die Wortel Van Kwaad
Lyrics
elke woord uit sy mond loop vanself oor die grond elke woord is ’n magneet wat die waansin kom opvreet elke woord is ’n wapen warm teen jou sy elke woord trek water uit die diepste grond elke woord skep lug soos voëls wat vlug met kenne in die lug elke woord is ’n wurm wat stil verorber aan elke blaar wat val soos ’n druppel bloed
elke woord uit sy mond loop vanself oor die grond uit die tong van ’n mespunt kom moord uit die oorde van die hemel kom die vrugte van die hel en die plukkers is die punte wat verlief is op kommas die glans van die woord is die ronding van ’n koeël die loodboot wat seil soos ’n brief op die see jy’t jou lewe se tyd om in blind te verdwaal die gif in jou wond is skaars ’n kwaal want die woord kom genees al die siektes van die vlees die woord is die agteros wat verbrand die kraal en speke steek deur die koppe van die kinders ’n foon wat lui is blomme in jou ore elke sin wat klap is ’n vars pan vol goud elke sprong van jou lippe is plesier in die klippe die kapkapkap van die lepels en die vurke en die messe en die borde wat skree koopkoopkoop
elke woord draai die rat in jou oog net stywer die drukgang word nouer en nie wyer nie elke woord is die kraak in die rand van jou kop die woord vir weeskind die gom wat vassit die spyker wat buig die pos in die pakkie met die rekkie om elke woord is ’n sambreel wat oopvou en vertel elke storie uit die maag is ’n slang wat vervel elke woord dra die grein van die eeue-oue pyn die sement en die stene die stof en die puin die uitbasuin die binnehou die inkerker die uitblaker die woord haal die hoek uit sy mond en steek dit in die grond die woord staan halflyf in die water en roep om hulp
die woord was buite toe die wind gaan lê het toe die mis verdwyn het toe die nag verseker ’n warm dag beloof het elke woord gooi duim in die uitgewiste pad van die vulkane se strepe oor die stomme leë landskap wat traanbevlek en oorbewei teen die kosmos se roetine wil stry
elke woord se hande ruik na die olie van die pistool onder die kussing daar gebêre vir wanneer die waansin te veel raak en die boewe en die vrese en die aansteeklike siektes met gemak deur die tralies voor die venster invloei soos die son in die oggend wanneer voëls teen die dak kom krap
elke woord is ’n pot met kos in ’n skerm aan’t kook, elke woord is geraam in ys elke woord herlaai koeëls by die huis elke woord is ’n wekroep om terug te baklei elke woord is ’n pleister vir die steekwond in die hart wat bly bloei want die bloed is te dun om rowe te maak elke woord is ’n tafelgebed in ’n huis van winter weemoed en worshonde skeur jou in twee vanaand maar die rivier vloei aaneen is jy ook so alleen as jy sê ‘ek’?