Track 07: Klawer

Album: Verkeerdevlei

Prev 06: Ssh, Björk is in the house
Next 08: Bat-dogs

Lyrics

in Klawer het die kinders die kind vermoor in die bosse langs die pad net na skool met ’n byl en ’n fanbelt net na skool oor rosyne en R5 en Grasshopperskoene toe hul hande gewas in die kanaal hulle vriende gaan roep, gespog, gewys: hier lê ’n lyk en dit is die dood hier lê ’n lyk en dit is die dood in Klawer het die kinders se name verander hul gesigte verborge op die televisienuus maar hul bene stap onseker of nuuskierieg of vanself na die hart van ’n kamer waaruit die lig verdwyn het als is kunsmatig die plakkate teen die mure die polisieman, sielkundige die foon wat lui die tronkdeur is te groot ’n katflap wat tol in die wind en die mense wat die vrae vra huil by die huis huil by die huis in Klawer en in Kaapstad en die wêreld verder lê die letsels nou in hale oor radio’s en die nuus op TV waar pa en broer saamgrawe in die klipharde grond langs die reeds dooie suster laasjaar aan siekte laasjaar aan siekte die reën kom eers volgende week die reën kom eers volgende week die reën kom eers volgende week die reën kom eers volgende week die reën kom eers volgende week dit behoort ’n goeie blommejaar te wees in hierdie geweste “so iets het nog nooit hier gebeur nie,” sê die vrou op die nuus hier lê ’n lyk en dit is die dood hier lê ’n lyk en dit is die dood hier lê ’n lyk en dit is die dood hier lê ’n lyk en dit is die dood

(Nota: Wilfred Kriel was 8 jaar oud toe hy in 2007 deur ’n skoolmaat – toe net 12 jaar oud – vermoor is. Aanvanklik is ’n ander 8-jarige ook aangekeer, maar net die 12-jarige het skuld erken en is tans in ’n verbeteringskool tot hy 21 word.)