Track 11: Treinreis

Album: Verkeerdevlei

Prev 10: Unfortunate of fucked-up?
Next 12: Here we go

Lyrics

ek kak grys maar solied soos die stinkdonker nag skoon op die spoor met ’n bietjie twinply Sam Nujoma se nuwe huis blom buite Windhoek soos ’n Koeberg Holiday Inn by Rehoboth sak die son die kinders hier so vertel ’n gids my sê al “poes” van die ouderdom van vier – watch hulle die koerantopskrifte vandag in Robert Mugabe Drive of Independence Avenue of was dit Fidel Castrostraat of Frankie Fredericks of Sean McBride of Esther Brand of Bähnhofstrasse het gelees: ‘Food rots while people die’ by Ariamsvlei kom mense met ’n kruis verby sing ’n gesang dan gaan ons ons gang kry stempels by die grenspos verby pregnant telefoonpale versamelvoëlneste ons is in ’n sluiklewe waar ons niks

hardop mag sê g’n geld vir jou waarheid net gebreekte voëlvlerke kliplysters katlagters bontrokkies tiptolle ons kan net kop uitsteek soos otters in ’n donker rivier in die middel van die nag die soekligte ontduik deur asems lank op te hou ja julle verander selfs ons mees onskadelike woorde om te pas in die buike van julle koeverte met maatskappylogos en plastiekruite waar dinge getik staan in eenvormige gelid belasting afgetrek vir oortollige byvoeglike naamwoorde moeisame sinsnedes metafore wat vreemd hink opgemaakte werkwoorde ons gaan nou-nou weer weg want ons het julle nie nodig nie ons gryp grys pakke en

paspoorte gewone lewens en vrouens verf onsself toe agter voorstedelike mure vetplante en potte posbusse soos gholfballe stoepe vir kinders en hond se bontrol en agter die dik gordyne kerf ons kruise in die koppe van koeëls meng dinge in bottels want as ons droom droom ons diep deurdrenk van ou plekke met nuwe kurwes maanvagte wat uiringe val oor die plasmaskerm waarop ons voete rus koue hande met diervet omgedraai in ’n pan uitgedopte murasies langs die spoor

en pad herrys skeepswrakke dobber na bo vliegtuie duik die dorre grond in duik die dorre grond in agter die sweetreuk van magma aan agter die sweetreuk van magma aan dis koud die energie is saamgepers dit skeer donkerblou deur die gras die vlaktes die koppies (so vertroud is ek daarmee ek hoef skaars by die venster uit te kyk maar ek kyk nogtans net vir die lekkerte) skurwe kennebakke kathare rys die spoor trek ’n slangruggraat diep gekonkel deur die Bo-Karoo langs ’n wit skuur met sinkplaat en ’n jaart vol turksvye brand ’n vuur ’n meter hoog mans draai om en wuif dis asof ek die ontdekker is van hierdie plek wil ek geheim hou net vir my en my girl kyk ons wil spore doodvee met baarde

vingers in die aarde ons koppe die son laat volg koeltes bou met tente padskraap met ons tande kaalnael deur mielielandstoppels vonke dooddruk met ons duime kyk die hadeda lê gesmelt op die gras die hond lek hom nou op gooi ’n oog in die lug op vir nog dalk die valke droom van banjos die PM9’s hou hulle warm streel hulle ore met ’n sein uit Auckland Park langsamerhand sug die mense soene een-een straat af mangosap wat drup uit jou lag se middelblad ’n uitvouplakkaat van musiek en bikiniheupe die stukke van die vastelande dryf uitmekaar en vinnig ook soos populierblare in die fonteinvoor môre het ons nuwe bure Indiërs en Argentyne son elders in die ruim karavane van die vakansies

oopgeslaan soos neute op die warm stoep pak die lere uit oor die landskap ons wil op toer gaan ons wil nie terugkom nie ons wil aanhoudend bars deur grensdrade en matte en security booms en die motorhekke en speedbumps beats en tunes laat sing onder ons wiele die hip hop in ons lywe word gebeatbox en geeggo deur die donderweer wat wreed glimlag na die aarde met toue elektrisiteit die natuurlike nagklub op dwelms sit vir ’n wyle sodat ons met koppe by die vensters uit kan dans met oë vol stof en reën want dis Ready D daarbo hy’s god

vanaand hy scratch ons name in die padsand ons ledemate is slange en seekatte en muishonde in dongas byvretermissiele wat volkleur uit rivierwalle lostrek oor ons koppe ons kuiwe wuif die windpompe trek die kom en die jagsheid uit ons lende sementdamme vol die biesies en die palmiete welig hier die vinke swaai in hul ronde kapsules afwagtend vir lansering maar ons sluk hulle in hulle smelt op die tong of ten minste in die maag en stuur bloedboodskappe deur ons vleismiedens bakoortjies met fakkels aan hul sterte maak die Filistyne wakker in ons vingerpunte maak nuwe inklande met dale en rante afgeleë stasies in distrikte van ons breine waar ons nou eers kom vir die eerste keer ’n deur oopstamp met die skouer mense en vriende ontdek wat sit en niksdoen met rûe teen die toonbank van ’n kroeg afwagtend op ons sodat ons almal saam

verder kan ry in ’n bus vol van dit alles tonne dood tonne lewe hierdie omverwerp hierdie staatsgreep hierdie rewolusie hierdie halwe sin soos ’n halfgegraafde graf se oopgerekte kaak klein liggies op die horison deur die treinvenster is heelalle dinge wat ons maar pas ontdek het (gee my ’n strootjie, dan suig ek hulle leeg) my Hubble is dofgeklits deur die sandstorms ek wil ’n kannetjie DustOff hê om my oë mee skoon te spuit die wêreld drink aan die lip van die glas die ryp drup in donshael die lemmetjiesgras deur die nag se huid is dig bestrooi met klonte sout die harde bene hier binne kraak van die koue elke treinsport is ’n kouslag van die aardkaart ons dundermtoer ontbloot ’n duif aan ’n tou geblinddoek op ’n skietbaan (bid vir mense wat jou nodig het) elke laaste vis is uit die son se sloep gevang en die wind is ’n droë lied

sonder die see maar die meerkatte blom weer in die vlakteveld en elke laaste skaap sleep ’n skadukol na die meenthuise van smart aan die stad se rand vol wyehoekskerm verdrietige oë want ’n vriend van ’n vriend is geskiet vir sy kar in die driveway van sy huis met sy kinders wat kyk na die bloedplas wat soos Chris Hani s’n gloei wat die koerante nalaat om te sê kan jy hoor in die krete van die ma en kinders om die graf want vandag trek die sondes hulle snyerspakke aan hulle dra aan die kis en gooi die kluite in die gat maar hulle los jou alleen reg voor jou deur en die waters sleur om jou mee met dolke hulle sny uit jou lyf wat die kraaie nie wil hê en elke oomblik van nou word jou voete digter die wynbloed se vate word are van hout die hare in jou skedel groei

gryser na die lig maar selfs dit skiet pyle uit versteekte gate jy ystervarkkrom in ’n hoek met jou wapens die hol geratel van jou penne tevergeefs want die kieries reën neer soos ’n somersbui druis bo-oor die liedjie wat jy sing in jou kop want die treine kom sterf hier in ysterslote onder donker afdakke staan niemand vir niemand en wag die Transkaroo is laat en ons ruil net loko’s terug op elektrisiteit klaar met diesel Kimberley toe ‘braai hout 4 sale’ gras bloekombome kragpale miershope murasies fokkit maar die Wes-Transvaal is boring (net buite Klerksdorp by die afdraai na Randlespark loop ’n man met swart denims en ’n blou hemp en ’n mullet met ’n kitaar sonder strap onder die

arm en verhelder die hele landskap vir ’n oomblik) die aarde is ’n druiwekorrel in ’n besige straat vol voete, karre en komete