Track 13: Waar is ouma?

Album: Verkeerdevlei

Prev 12: Here we go
Next 14: Ovamboland noonday blues

Lyrics

tussendeur die wimperwoude agterop die rug van slaap keer die voete van die voëls sagte saad in vleibeddings om by die murg uit te kom moet jy bene kan breek en van te veel lyding uitdeel kom vetword en verveling sonbrille stop nie trane nie die osoongat stil g’n geheim alles in oormaat, maat tol die aardbol op jou vingerpunt die verste berge is iemandshel straat en steeg anderspaleis die arende verstik aan luise die luise leef in die paradys ek is grys in die jaar van geen komeet is dit dit of dood, hoor jy, vergeet, die slanggif in die neus en hewwe omhoog, ons storm daar is niks om voor te vrees als hier is kits en vars en spesiaal hoender gekrummel, burger bees al kom dit hier sonder een woord taal met die liefde en die sonskyn skort g’n oomblik frapuccino familietyd en samesyn Starbucks, geldtrek, Starbucks droom nou van jou Peruviane llamas, alpacas en bobbejane die Waterberge, die Andes alles anders, alles eenders eende waters, iepekonders uit kunsgalerye stap lewende

lyke my magtag man die glimlag is dan wyer as die stad se verste wyke ek slaap nou net een keer ek skiet jou dood my maag is ’n toegeknoopte kaart van al my maaltye die see is oranje in die nag die branders is van gister en in Japan skuif die wêreld ’n rimpel vel van sy gesig my mond is in ’n telefoon werk sleep my deur strate die trane is in bokse wat lek soos bloed uit storte ek maan jou teen niks als hier is rustig en herfs is ons mooiste tyd herfs is ons mooiste tyd blindheid is die ystersmid met die hamers vir hande die oorwinnings is die spykers in die hoef van ’n gallopende perd skielik is die son water die water son die strate modder die mense dood stadig sirkel ’n helikopter om die Google Earthbol-oorblyfsels van Japan en ligte flits aan oor onsigbare afstand na kamers rondom die wakkerword van die volgelinge van die nuusnetwerke

en webwerwe waar die waarheid soos rysmiere roer en verdwyn, roer en

verdwyn in die aangesig hiervan is ons stil vir ’n sekond ons medelye medepligtig plegtig hande oor oë om stuurwiel koppie koffie geklem ys die lewe ons toe en dood en dryf ons onder glas met blougebalde oë na die grys daarbo: rekenaars en papier druis soos soldate oor ons lywe en wat oorbly is lug en niks wat het van die honde geword? wat het van die katte geword? wat het van die honde geword? die katte, die budgies? en waar is ouma?