Track 14: Ovamboland noonday blues

Album: Verkeerdevlei

Prev 13: Waar is ouma?

Lyrics

buite die brand binne die bang oop met die deur uit vloei die bloed die strate in die visse heel verbaas dobber boontoe met oogballe na die lig op met die lere klim die visse nader aan die son smelt die lere visse tuimel terug maar groei vere en vlerke word voëls en vlieg weg die oggend wasem wit teen die voorruit van die wêreld buite tree die hoenders mekaar se skaduwees af en veraf oor die horison rol ’n stad klingelend om in sy bed die mense wat hier woon stap met stof in hulle oë in die krake van hulle harte woon sloeg en sloof bospik en olifant son steek gras rietdak en takkraal hondpens en waterdraer aan die brand met lig en kort voor lank dawer ’n trok verby hoe lyk die hel van waar jy lê in die hooi? die vlamme dans bloed los in die skuur skape skree benoud om behoud maar nog hout kom in plek daarvan, nog hout bome is die brandstof van die vagevuur en almal wei hul tande stomp teen die klippers die as en roet hulle pakke vir die dag ’n traan ’n rivier wat net verlang nog kan bring maar verlang lê in ’n slang saam met ’n duiker en verteer hoe lyk die hemel van waar jy wonder? is die kattebak oor jou kop getrek, die koord om jou keel? die dans wat uit die aardvarkgate storm beduiwel die harmonie die valke vang die duiwe voor hulle kan terugkeer met takkies