Track 04: Noname feniks

Album: Walk Fast, Whistle

Prev 03: This one goes out to
Next 05: Republiek

Lyrics

die nag was donker
en die wêreld hel
en net die eensame
nat naelstringsnaar
speel die diep bas
van die bromvoël

soos die son opkom
op die hoek van
christiaan de wet
en beyers naude
in honeydew, johannesburg
op die eerste junie

waar iemand afkom
op die lyk van ’n pasgebore baba
’n dogtertjie
toegedraai in ’n lap
binne in ’n plastieksak
en toe
aan die brand gesteek

die polisie gaan ondersoek instel
en die related links
op dieselfde vergete bladsy
van die city press webwerf
nou seker ge-archive
sluit in
‘baby kicked to death’
‘kzn woman appears for babies in freezer’
en
‘woman arrested for hiding birth after dog seen eating newborn’

en die glas van ’n gebou
die rooidraai van ’n robot
die bedelhand na die wegkyk
winterson se uitgeteerde bokke
in die grys stad se verslete lande
spit gou ’n vlak graf
vir noname
noname feniks

en alles brand
jou hande en oë
die rekenaarskerm
fynhoutjies vir die vuur
kneukels om koffiebeker
die kamer die kantoor
jou mond jou keel
jou longe jou maag
leeggesuig en drooggesuig
soos karkasse
en sade
deur die skreeuende
skoppende
wind

talm nou hier
by die kort, bondige
haastige berig
van die korter, bondiger
lewe
van noname
noname feniks

(Met André Laubscher)