Track 05: Republiek

Album: Walk Fast, Whistle

Prev 04: Noname feniks
Next 06: Lawrence Mandipazano

Lyrics

by the end of the day
the city falls back into
its roasted valleys
hot streets
and blanket of smog
like a done
driven over dog
on the highway
of hooting headlines
and headless hopefuls
with their roofs
chopped off
and spouting
nicotine-stained furniture
1960s lampshades
dust mites
enamel plates
television sets
hi-fis
until the liver runs dry
the lungs crack and break
and the bladder floods
the sombre statues downtown
now turning slowly
coming to life
above the tide
pointing
to the sky
the moon
a sickle

ver op die droomsee
ontmoet ons in die golwe
met ’n bak varsgesnyde mango
bokkems en melk
lê onder ’n laken
tot die wind bedaar
die blaaie en blaai
die boeke en lees
die verte nader
met ons harte op die dek
waar die meeue daaraan lek
en die boegte fyntjies knaaf
in die wier en mis en nag
wyl ons kerse aansteek dan
met die hoofgemaal began
en die fosfor en die sterre
uit die ruimte en die spieël
oproep en ratel
klingel en klatel
visweb uitsuig en komeetstert streel
kieu, kop en kosmos-kleinte
oer-atoom en ou peperboom
die speld in die water
die blom in die berg

die munte glip af
in die koel ysterkele van
parkeerkaartjiemasjiene
telkomhokkies
kondoomuitdelers
dobbelmasjiene
sigaretmasjiene
en daai masjiene
waar jy sjokolade
chips en koeldrienks kan koop
in matmufgoedkoop
hotelle
om twee-uur die oggend
voor jy gaan uitpass

die munte spoel uit
stadig
op strande waar g’n mens
ooit handdoekoopgooi
g’n hond snuffel
net spookkrappe daaraan torring
dan los en eerder
iets vlees gaan aas

die munte is in ’n koffieblik in die grond
by die papajaboom in die agterplaas
waar die voëlhok jare gelede gestaan het
voor die brand en die wegtrek
wat die stemme hier stil gemaak het
sjiep-sjiep, stem ’n mynah saam
in die sagte top
van die wurgvy
se prooi

die munte is diep onderwater
waar dit donker is
en altyd donker sal bly
tensy die see verdamp
en die koraal en barnacles
wegval en ontbloot
lawa dalk kom skoonskroei
die ou, ou wind
die bodem blaas
en blaas
en blaas

die munte is in die broeksakke
van seuntjies en tienerdogters
ou pruimhandoumas
ma en pa
die palm uithou
vir suiker en melk
koffie en spyker
meel en drank
swiet en sout
die halwe hand
vol maalvleis

die munte is in katakombes
sarkofaag en vlak graf
piramide en stapeltjie klip
in die karoo en egipte
by die inkas en chinese
op die vars verdoofde oë
van ’n warmgevatte lyf
by ’n donkie nou al lankal
in die pad lê en verstyf
in die kaste versink
van die lang verblyf
van die biltongmonnik
die rietdroog heerser
die per capita gesanik
se inskink en bewoë
kop laat sak
en aanstap,
rooies

at the party we are going
to be drinking too much
and we shall dance
where the furniture
normally stands
and tell stories
and listen to stories
about cocaine starters
geriatric orgies
oscar pistorius
baboon tuberculosis
the plight of the bushmen
the landless
the loveless
the too much
the too little
and our faces shall merge
to be koi fish
wobbling in the sky
and the dancing
shall pick up
and limbs and moves
elongate and slide
detach and unhinge
flaming cotton fields
a bloodied arrow in a heart
hallelujah, hallelujah

in hierie republiek van ons
klou ons snags aan mekaar vas
en hou elke droom by die brug
aan die hand en stap
saam met die nou pad
na die blou lug en
sing die stil gesang
van wintervoëls weg

in hierie republiek van ons
met die donker hart en
swaar gewonde geskiedenis en
bloedspoor deur die wattelwoud
en pyl wat ratel deur die longe en
die honde onder in die kloof
wat spoorkry en vat
en nes uitmekaar pluk
en kis spyker en hamer
vind die hand van die volk

in hierie republiek van ons
dryf die busse en die karre
vol kinders onderwater
en waai die blaaie van die boeke
verdoof deur die gange
van die skole waar die woorde
op swartborde staan en stol

in hierie republiek van ons
rol die tolbos deur die dorp
met ’n naelstring agterna
en tarentale skreeu en skrou
hou die dag terug
hou die haan plat
hou die stom stil
dek die storm op die tafel
onderhuids bo-op beens
in die vleis en spier en siel
van die elkeen hier verniel
van die almal hier vermal
van die mal en gek
en doodnormaal

in hierie republiek van ons
is die steen des aanstoots
steeds stadig aan die blom
in die ploeg van die land om
die drom waar die hande
die vuur se verbande
afskil en naderherd
vreet en eet
ieder en elk
sy broer

in hierie republiek van ons
is die laaste kans
die stadig dans
deur die verkeersirkel vleg
van die sterre en maan
met ’n hond onder die arm
deur die smeulende boorde
van die selfmoorde en andermoorde
en moorde wat nie eers
bedoel was
te moor nie

in hierie republiek van ons
die sagte glimlag van die laaste vrou
in die tent van lig
waaruit die poel ’n otter
snoet en duik
en wegdrup
en wink
en weeg
en wik
en wip
en weg

(in hierie republiek van ons/ vreet ieder en elk sy broer/ die sagte glimlag van die laaste vrou/ in hierie republiek van ons)