Track 06: Lawrence Mandipazano

Album: Walk Fast, Whistle

Prev 05: Republiek
Next 07: Restless blues

Lyrics

ver op die berge lê sneeu
my yskas is vol
hoe moet die familie
van petroljoggie Lawrence Mandipazano
in sy tuisdorp van Nymapheni
in Zimbabwe – en Nymapheni
verskyn nêrens op ’n Google Map,
Earth of search engine – verduidelik dat
ek daarvan hou om op die berg te stap
te soek na walvisse of die beroering
van ’n skool dolfyne in Valsbaai
en dat Lawrence nou die aand
by die vulstasie in Lentegeur
deur ’n man in ’n BMW
met ’n plank
doodgeslaan is?