Track 07: Restless blues

Album: Walk Fast, Whistle

Prev 06: Lawrence Mandipazano
Next 08: 16 Junie

Lyrics

through the city we walk like ghosts
in the absences of one another
without shadow or sound
our memories and thoughts
occupied elsewhere
bridled by friends and work
and traffic and the news
and a cloud in the sky
or a wave holding its pose
but when we face each other for a moment
when the surprise slices us open
and all the things we know
run out of our eyes
and back into the other’s lungs
like the air from a long locked-up library
then we retreat into our crevices
like lizards
and the sun slips across dust
and we realise we have lost
the use of our hands
and that our tongues
have been dissolved
by all the silence
all the stone

net soos die hare op my arm regopstaan
die son en die maan, die groot verstaan
die water uit die poel opgedrink
die voël met die tak rinkink
die duiker in die kloof verdwyn
die oumense in die stede aan’t kwyn
slaan die weerlig die veld aan die brand
en brand die berg die bome tot sand
sodat die verlede se hande oopvou
die son en maan, die groot onthou
tot ’n beker aan ’n moeë mond
die soldaat se bebloede wond
die graf in die grond ’n reghoek
uit die oond ’n varsgebakte koek
die kombuis is waar die mense skuil
terwyl die winde buite huil
(hier is die hart vandaan
hier is die groot verstaan)

all this holding out
all this sitting around
at or near computers
or screens or phones
all this writing of walls
and on walls and fake walls
all this noise and music
all the names and numbers
all the events and birthdays
all the shops and streets
all this rushing around
just to rush around
and keeping up appearances
of having to rush around all the time
in order to get a rush
all these mirrors, all these photos
all the things we have framed but will never hang
all the art we own kept in storage
all the drunken nights
all the nights without stars
all the nights without wind
all the nights without
just without
all those dreams you get
about nonsense and school friends
and dead grandmothers and old dogs
all that
all this restlessness
all this rolling around of creaky joints
all this worry, all this tax
all this chasing, all this crap
all this we brought upon ourselves
all this we refuse to leave
all this we love
all this restlessness
that tugs and pulls
and spits us out
and swallows us again
and chews
and spits out
and so on
all this holding the line
the toeing of the line
the dropping of the line
drawing the line
overstepping it
all this is a net
in an aquarium
in a theme park
in the polystirene cup
in the hand of someone
playing the restlessness blues
on the table top of the world

ek kan jou glimlag nou volg
deur die dik en dun van nag
in die fyngevoel tussen
wysvinger en duim
waar stof en grassaad,
soms kerriepoeier en klei
losgevryf word in die wind
en die reuk van tamaties
vir weke lank rus

nou is die telefone stil
en jy slaap met jou ooglede
soos motte teen die drome
en jou bril op die bybel op die bedkas
is onnodig vir waar jy onderwater swem
en ons hande vat deur kinderjare
en deur die lewe lei
en kuddes beeste
en bok

wanneer die daglig oor die berg verskyn
is jy gereed om melk by te gooi
en suiker, en te roer
want jy weet waar elke ding staan
op die werf en tuin en land
en dat alles buite hier
omgespit kan word met kompos
politiek en leiers en lyding
om braak te laat blom
leem te laat leef

ek hoor nou jou stem
in die nat drup van voëlgesang
by die rivierwilg en visdam
die vuurpyle en palmiet
en die insekte leef
onder ons voete
en die honde kyk met hartseer ore
na die voorstoepdeur
waar iets roer
en die tyd stop

soms is die see net reg
vir wit seilbootjies met wit seile
ander kere weer bloot haai
of dolfynskool wat maal

die berg wat ek soms klim
verander van karakter soos ek styg
halfpad is jy moeg
maar bo rustig

daar is bobbejane wat
hier naby slaap wat sê:
daar is mense wat
hier naby slaap

ek hou daarvan om voëls te identifiseer
maar ek verkies
onbekende, skugter
grys voëls

wanneer die son sak
beteken dit die aarde het gedraai
soos dit moes draai
tot môre

jy kan vliegtuie in die lug sien
of meeue en jakkalsvoëls
of miswolke en sterre
of niks

met die beweeg van lug oor my gesig
verander my kyk van kyk
en lig die kleur van my oë
akkedisblou na groen

die antwoord lê in ’n brief
iewers in my deurmekaar woonstel
as ek dit afbrand gaan alles
net so aan