Track 08: 16 Junie

Album: Walk Fast, Whistle

Prev 07: Restless blues
Next 09: All the loves

Lyrics

in Sam Nzima se 1976-foto
was daar nie kleur nie
behalwe vir die twee
wat toe saakgemaak het
in die arms van
Mbuyisa Nkita Makhubu
was Hector Pietersen
geskiet deur die polisie
en honderde nog dood
en Dr Melville Edelstein ook
met klippe gegooi deur die skare
ook honde, die polisie se honde

dit is te deurmekaar nou
in 2013
om vir seker te sê
hoekom Boytjie Molefe,
wat sy meisie
Motlalepula Matlala
doodgesteek het,
deur die mense van
sy gemeenskap
met klippe gegooi
en verder doodgeslaan
is met stokke
terwyl die polisie
gekyk het
en iemand dit afgeneem het
op ’n selfoon

(jy kan met bloed
om ’n mondhoek
nie wegkom
die skadu op die
grond ’n swart
vlinder stof
stemme koeëls
die waterval
bome wat raas)