Laaste Dae-toer
There is South Africa and there is us and you. And the simple plan for the Laaste Dae-toer (not to be confused with our Laaste Kans Fir Afrikaans Tour which happened many moons and a couple of presidents ago) is to bring us to you, somewhere in South Africa.
So ons begin in Stellenbosch in ons vriendin Trude Gunther se tuin op Donderdagaand 11 April. Vrydagaand (12 Apr) ry ons berg-op verby Wellington tot by vriende Justin Nurse en Ma’ayan Hamilton se (reeds legendariese) McBains in Bainskloof. Vir die wat nie weet nie: jy ry van Wellington teen die pas uit en wanneer jy bo kom, is jy in die nedersetting van Bainskloof. McBains is die ou lodge daar, heeltemal oorgedoen deur Justin & Ma’ayan en ’n span mense die afgelope jaar en ’n half. Ons speel in die groot sitkamer met die balkon wat uitval op die vallei tot onder in die rivier en uitklim tussen rotse tot doer bo waar die mis soms haastig deur die fynbos jaag. The idea is that you come stay over for the night - there is a special show + sleepover deal and you even get served a filling meal. By night we commune with the stars, and maybe some rum, and who knows who will end up in the hot tub. Maybe Justin and I will cry a bit. Life’s like that. You’ll notice that this tour has a lot to do with friendships, to linking friends and fans and yet to be met people and those even unborn to one another and the music, and the words, and the veld in between. We will remember things as we go, and forget a few.
Dan rol ons Hermanus toe waar vriende (sien?) Ruan & Maaike Kemp vir ons ’n jol georganise het by die Hermanus Brewery, want dis Saterdagaand (13 April) en die bier moet vloei, en die vryheid ook. Sondag (14 April) korrel ons N2 langs na Knysna, waar fans Louw Claassens en Pieter Verhoef hulle tuin vir ons leen vir ’n show wat heel moontlik verdere bier gaan involve, en dalk songs oor bosloeries en seeperde en perde wat oor heinings ook kan spring, en gesteelde perde, en vry perde en - het jy al daai Cormac McCarthy boek oor perde gelees? All The Pretty Horses. Well, our new album (double album, as it turns out) is called Last Days Of Beautiful and it’s a little bit that and a little bit of this. Dis die Laaste Dae-toer, sien - die laaste dae van beautiful. Soos in Beaufort-Wes? Miskien (maar definitief Britstown), maar na Knysna ry ons eers Port Elizabeth toe, die beste stad in die ganse Suid-Afrika vir diegene wat weet en dus reeds daar woon en niemand anders gaan dit in elk geval glo nie.
In Newtonpark, Maandag (15 April) in ’n dubbel-dubbelgarage, daar gaan ons speel, saam met Rikalet. Dis dalk ’n goeie tyd om te noem dat The Buckfever Underground nie die Laaste Dae alleen aanpak nie - Willem Samuel is ons support act by al die shows met sy SkreeAlleen, en Willem se vrou Millie kom ook saam so darem sal daar sanity ook op toer wees en nie net klomp ouens wat verdwaal en te hardkoppig is om pad te vra nie. And The Buckfever Underground will consist of me (Toast) and drummer Stephen Timm and Michael Currin on guitar. Because that’s the band now. Maybe if we’re lucky we’ll be joined by Righard Kapp in Grahamstown, where we’ll play at The Provost, right next to the University Formerly Known As Whatever It Was You Care To Recall (UFKAWIWYTR - a rare abbreviation longer than the words it abbreviates) on Tuesday 16 April, supported also by a local act called Bitterbos en dalk kry ons die Cosmic Puffadders ook uit hulle lair daar by Cannon Rocks om saam te kom huil vir die maan en die afgekapte woude en die ys wat so smelt op die pole, bo en onder. (Side note: we will have lots of merch for sale, from back copy CDs al die pad terug na ‘Jou Medemens Is Dood’ tot the brand new whopper tot hoodies en T-shirts en Ons Klyntji zines en Willem bring comics ook - en ja, ons het ’n Yoco…)
We head deeper into known territory, first to Somerset East for a sneaky lunchtime show at the Karoo Tech Hub (yes! it’s a thing!) and then to Cradock (Wed 17 April) for an evening with our friends from the Victoria Manor & Tuishuise, and maybe we’ll get some rusks and then we cross the Orange River and it’s Free State time - the Smithfield Bowling Club (Thu 18 April) where Greg May is setting up the jol, and then Rosendal (Fri 19 April) waar Frik de Jager die pot roer (ons speel by Yolla’s!).
Die naweek is verder vir Gauteng, met Saterdagaand (20 April) by Lejanie en Wortel se Dunkelder Onafhanklike Teater en Sondaglaatmiddag (21 April) by Marguerite Robinson se huis in Rietondale in Pretoria. Ou vriend Gerhard Barnard kom jam saam op ’n song of twee (daar is is ’n song op ons nuwe album wat opgedra is aan Gerhard se broer, Drikus, wat in 2015 oorlede is). Dan draai die Laaste Dae skielik weer suid, maar sigsag, en sonder haas. Clarens se kranse sien ons Maandagaand (22 April) vir huiskonsert by Mt Horeb Manor-gastehuis.
Dinsdag (23 April) ry ons deur die Oos-Vrystaat na Dewetsdorp waar vriend Stefan Burger gasheer speel in sy tuin/ stoep by Jimmie Roos-skool. Ons het amper ook Bothaville gespeel, maar dinge kon nie mooi uitwerk nie, so daarom is dit dan nou so dat ons Britstown toe ry vir Woensdag (24 April) se show by The Old Mill Coffee Shop (ons probeer ook om dalk middagete show te doen by die Kuilfontein-padstal naby Springfontein op die N1).
Then we go to Graaff-Reinet, because Prince Albert never called back and Richmond was third in line and well, Graaff-Reinet asked and therefore shall receive en dankie aan Karlien en Dawid de Wet, planmakers van formaat. That’s Thursday 25 April, and we then have to motor back to Cape Town on Friday 26 April for a homecoming show in one of the city’s finest venues, The Alma Cafe. But but but: we’ll also play a free show at Rietfontein-padstal daar naby Leeu Gamka langs die N1, dalk kry ons verniet pies en biltong en gemmerbier (Prince Albert, you can come to this one!). Be there at 11 am, we might…
Though it seems like the Laaste Dae should by now finally have ticked over back to nought there’s one more show: Saturday 27 April (it’s Freedom Day, alright!) we celebrate at Evita se Perron in nimlike Darling langs, of soort van naby, die Weskus. We’d love to see you somewhere. Sien julle iewers!
Read the full itinerary here.